2 |
“Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Julle het al die rampe gesien waarmee Ek Jerusalem en die dorpe van Juda getref het. Hulle lê nou verwoes; niemand woon meer daar nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
2 |
Jeremia moes vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle het self gesien wat Ek alles laat gebeur het met Jerusalem en met die stede van Juda. Daardie stede is nou net hope klippe, en niemand woon daar nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
2 |
Die Here is die God van Israel en is sterker as alles en almal. Hy sê: “Julle het al die slegte dinge gesien wat Ek Jerusalem en die stede van Juda laat oorkom het. Vandag lê hulle verwoes. Niemand bly meer daar nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
2 |
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle het gesien watter rampe Ek alles oor Jerusalem en al die stede van Juda gebring het; hulle is vandag puinhope en daar woon niemand in hulle nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
2 |
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|