A A A A A
Jeremia 44
19
Die vroue het bygevoeg: “Dit is so, ons het wierook vir die koningin van die hemel gebrand en drank ter wille van haar uitgegooi as ’n offer. Ons het selfs koekies gebak wat haar vorm het. Maar dink jy ons het dit gedoen sonder die medewete en hulp van ons mans?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Die vroue het gesê: “Ons mans het geweet ons bring offers vir die koningin van die hemel en ons gooi vir haar drank-offers uit. Hulle het geweet ons maak offer-koekies wat lyk soos die koningin van die hemel en ons gooi vir haar drank-offers uit.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Die vroue het verder ook vir Jeremia gesê: “Dit is so, ons het wierook vir die koningin van die hemel gebrand en drank ter wille van haar uitgegooi as ’n offer. Ons het selfs koekies gebak wat haar vorm het. Maar dink jy dat toe ons dit gedoen het ons mans nie deel daarvan was nie?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Die vrouens het bygevoeg: “Dink jy ons het sonder die medewete van ons mans vir die hemelkoningin wierookoffers gebring en drankoffers uitgegiet en vir haar offerkoekies gebak wat soos sy lyk?”
Afrikaanse Bybel 1983

19
En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet -- is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?
Afrikaanse Bybel 1933/1953