A A A A A
Jeremia 44
18
Maar vandat ons opgehou het om wierook vir die koningin van die hemel te brand en drank uit te gooi, het ons alles verloor. Ons het in oorloë en van honger doodgegaan.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Maar toe het ons opgehou om offers te bring vir die koningin van die hemel en ons het opgehou om vir haar drank-offers uit te gooi. Van toe af het ons min kos gehad, en toe het ons begin sterf in oorlog en van honger.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Maar vandat ons opgehou het om vir die koningin van die hemel wierook te brand en drank uit te gooi as ’n offer aan haar, gaan dit sleg met ons. Ons het niks. Ons mense gaan dood in oorloë en van honger omdat daar nie kos is nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Dit is vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin wierookoffers te bring en drankoffers uit te giet dat ons aan alles gebrek het en dat ons sterf deur oorlog en deur hongersnood.”
Afrikaanse Bybel 1983

18
Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953