A A A A A
Jeremia 44
1
Jeremia het ’n boodskap ontvang oor die Judeërs wat in Egipte gewoon het. Hulle was in Migdol, Tagpanges, Memfis en in die Patrosstreek.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here het vir Jeremia gestuur om te praat met al die Judeërs wat gewoon het in die stede Migdol en Tagpanges en Nof, en in die land Patros.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Here het vir Jeremia ’n boodskap gegee vir die Judeërs wat in Egipte gebly het. Hulle was in Migdol, Tagpanges, Memfis en die Patrosstreek.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die woord van die Here wat gekom het tot Jeremia vir al die Judeërs wat in Egipte gewoon het, in Migdol, in Tagpanges, in Memfis en in die Patrosstreek:
Afrikaanse Bybel 1983

1
Die woord wat tot Jeremia gekom het aan al die Jode wat in Egipteland woonagtig was, wat in Migdol en in Tagp nhes en in Nof en in die land Patros gewoon het:
Afrikaanse Bybel 1933/1953