A A A A A
Jeremia 41
8
Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle het belowe dat hulle vir hom die koring, gars, olie en heuning sou gee wat hulle in die veld versteek het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Tien van die mans het vir Ismael gesê: “Jy moet ons nie doodmaak nie, want ons het baie koring, gars, olyf-olie en heuning in die veld weggesteek.” Ismael het toe nie die tien mans doodgemaak saam met die ander mans nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle sou vir hom die koring, gars, olie en heuning gee wat hulle in die veld opgegaar het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Die ander tien mans het vir Ismael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, ons het koring en gars en olie en heuning wat in die veld weggesteek is!” Hy het hulle toe laat staan en hulle nie saam met hulle vriende doodgemaak nie.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953