A A A A A
Jeremia 41
6
Ismael het uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet terwyl hy droewig gehuil het. Toe hy by hulle kom, sê hy: “Kom kyk wat het met Gedalja seun van Agikam gebeur!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Ismael het uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet. Toe hy by hulle kom, het hy gehuil en vir hulle gesê: “Kom na Gedalja toe.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Ismael het uit Mispa uitgegaan om hulle te ontmoet. Hy was droewig aan die huil. Toe hy by hulle kom, het hy gesê: “Kom eers na Gedalja toe voordat julle verder gaan.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Ismael seun van Netanja het hulle huil-huil uit Mispa tegemoet gegaan, en toe hy by hulle kom, sê hy vir hulle: “Kom saam na Gedalja seun van Agikam toe!”
Afrikaanse Bybel 1983

6
Daarop gaan Ismael, die seun van Net nja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Ged lja, die seun van Ah¡kam!
Afrikaanse Bybel 1933/1953