A A A A A
Jeremia 30
1
Die Here het nog ’n boodskap vir Jeremia gegee. Hy het gesê:
2
“Die Here, die God van Israel, sê: Alles wat Ek vir jou sê, moet jy in ’n boek neerskryf.
3
Die tyd kom dat Ek die omstandighede van my volk Israel en Juda sal verander. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het sodat hulle dit weer in besit kan neem. Ek, die Here, sê dit!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Jeremia het gehoor die Here praat met hom.
2
Die Here, die God van Israel, het gesê: “Jy moet alles wat Ek vir jou sê, in 'n boek skryf.
3
Want die tyd sal kom wanneer Ek dit beter sal laat gaan met my volk Israel en met Juda. Dan sal Ek hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het en waar hulle gaan woon het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Here het nog ’n boodskap vir Jeremia gegee.
2
Hy het gesê: “Die Here is die God van Israel en Hy sê: Skryf alles wat Ek vir jou gesê het, in ’n boek.
3
Die tyd kom dat Ek dinge vir my mense weer sal maak soos dit vroeër was. Ek sal hulle laat terugkom na hierdie land wat Ek vir hulle voorouers gegee het. Hulle sal weer aan die land dink as hulle eie en hier bly.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het.
2
So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in 'n boek.
3
Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander en hulle sal terugbring om die land te besit wat Ek aan hulle voorvaders gegee het, sê die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het.
2
So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;
3
want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953