A A A A A
Jeremia 30
7
Nog nooit in die geskiedenis was daar al ooit so ’n verskriklike tyd nie. Dit is ’n tyd van moeilikheid vir Israel, maar op die ou end sal hulle daaruit gered word!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
“Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so 'n dag nie, hulle kry swaar, maar Ek sal hulle red.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Dit is ’n verskriklike tyd wat die mense beleef. Nog nooit in die geskiedenis het mense sulke dinge deurgemaak nie. Dit is ’n tyd van baie probleme vir die mense van Israel. Maar op die ou einde sal hulle uit die moeilikheid gered word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Daar wag ellende! Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke. Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob, maar hy sal daaruit gered word.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
Afrikaanse Bybel 1933/1953