A A A A A
Jeremia 30
6
Laat Ek jou ’n vraag vra: Kan mans babas in die wêreld bring? Nou waarom staan hulle dan soos ’n vrou in kraam: hande op hulle heupe, bleek in die gesig?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
“Julle kan vir almal vra en rondkyk. Kan 'n man 'n baba kry? Nee, hy kan nie. “Maar hoekom sien Ek dat elke man met sy hande op sy maag staan soos 'n vrou wat 'n baba kry? Hoekom is sy gesig bleek?
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Ek wil ’n vraag vra: Kan mans babas hê? Nou waarom staan hulle dan bleek in die gesig met hulle hande op hulle heupe soos ’n vrou wat kraampyne voel?
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Gaan kyk self, vra gerus: Kan 'n man 'n kind in die wêreld bring? Waarom sien Ek dan elke man met sy hande op sy maag soos 'n vrou wat in kraam is? Waarom het elke gesig doodsbleek geword?
Afrikaanse Bybel 1983

6
Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
Afrikaanse Bybel 1933/1953