A A A A A
Jeremia 30
24
Die Here se verskriklike woede sal nie bedaar nie totdat Hy bereik wat Hy beplan het. Wanneer die tyd aanbreek, sal julle dit verstaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
Die Here is kwaad, en Hy sal aanhou om kwaad te wees totdat Hy gedoen het wat Hy besluit het. Julle sal dit later goed verstaan.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
Die Here se woede is iets vreesliks. Dit sal nie bedaar nie totdat Hy gedoen het en bereik het wat Hy beplan. As die tyd aanbreek dat hierdie dinge gaan gebeur, sal julle dit verstaan. Alles sal dan duidelik word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Sy gloeiende toorn sal nie bedaar voordat Hy sy plan deurgevoer het nie. Daar kom 'n tyd dat julle dit alles sal begryp.
Afrikaanse Bybel 1983

24
Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953