A A A A A
Jeremia 30
23
Maar neem kennis: die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense tref.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Julle moet dit weet: Die Here sal 'n stormwind stuur, daar sal 'n wind kom wat almal sal saamsleep, en dit sal waai oor die mense wat verkeerd doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Maar neem kennis, die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense sal tref.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Die toorn van die Here sal losbreek soos 'n storm, dit sal maal soos 'n dwarrelwind en losbars oor die koppe van die goddeloses.
Afrikaanse Bybel 1983

23
Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
Afrikaanse Bybel 1933/1953