19 |
Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder. Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Hulle sal sing en lag, almal sal dit hoor. Ek sal hulle baie laat word, hulle sal nie min mense wees nie. Ek sal sê dat mense hulle moet respekteer, hulle sal nie onbelangrik wees nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Hulle sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. Ek sal sorg dat my mense se getalle groei. Hulle sal ’n groot volk wees wat deur ander gerespekteer word. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Daar sal lofsange uit hulle kom, feesliedere! Ek sal my volk baie maak, hulle sal nie minder word nie. Ek sal eer aan hulle gee, hulle sal nie geminag word nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|