17 |
Ek sal julle gesond maak en julle wonde genees,” sê die Here, “omdat julle ’n verstoteling genoem word: Sion, vir wie niemand omgee nie.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
17 |
Die Here sê: “Ja, Ek sal nuwe vel laat groei oor julle seerplekke en Ek sal julle gesond maak waar julle seergekry het.” Die Here sê: “Ja, mense van Sion, die mense het gesê die ander mense het julle alleen gelos, niemand soek julle nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
17 |
Die Here sê: “Ek sal sorg dat dit weer met julle goed sal gaan. Ek sal julle wonde gesond maak. Op die oomblik praat hulle van julle as ‘mense wat verstoot is; Jerusalem vir wie niemand meer omgee nie’. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
17 |
Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here, selfs al noem hulle jou: Die stad wat verstoot is, Sion vir wie niemand omgee nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
17 |
Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|