A A A A A
Jeremia 26
9
Hulle het gevra: “Wie gee jou die reg om namens die Here te profeteer en te sê: Wat met Silo gebeur het, sal ook met hierdie stad gebeur? Wie is jy om te sê dat hierdie stad verlate en sonder enige inwoners sal wees?” Al die mense het in die tempel van die Here om Jeremia saamgedrom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Hoekom sê jy die Here het jou gestuur om te sê hierdie tempel sal afgebreek word soos die tempel in Silo en hierdie stad sal 'n hoop klippe word waar niemand woon nie?” Al die mense het bymekaargekom in die tempel en hulle was téén Jeremia.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Hulle het gevra: “Wie gee jou die reg om namens die Here te praat? Hoe kan jy sê dat die tempel net soos wat met Silo gebeur het, vernietig sal word? Wie is jy om te sê dat Jerusalem verlate en sonder enige mense sal wees?” Die mense wat daar voor die tempel om Jeremia saamgedrom het, het hom gedreig met hulle houding.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Waarom tree jy in die Naam van die Here op as profeet en sê dan dat hierdie huis soos Silo sal word en dat hierdie stad verwoes sal word en sonder inwoners sal wees?” Die hele volk het in die huis van die Here om Jeremia saamgedrom.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953