A A A A A
Jeremia 26
8
Jeremia het alles gesê wat die Here hom beveel het om vir die hele volk te sê. Toe hy klaar gepraat het, het die priesters, profete en die hele volk hom aangeval en geskreeu: “Maak hom dood!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Toe hy alles klaar gesê het wat die Here vir hom gesê het om vir al die mense te sê, het die priesters en die profete en al die mense hom gegryp en gesê: “Jy moet sterf. Dit is seker.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Toe hy klaar gepraat het en alles gesê het wat die Here vir hom gesê het om vir al die mense te sê, het die omstanders hom aangeval. Hulle het geskree: “Jy moet doodgemaak word oor wat jy sê!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Toe Jeremia klaar vir die volk alles gesê het wat die Here hom beveel het om vir hulle te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gepak en gesê: “Jy moet beslis sterf!
Afrikaanse Bybel 1983

8
En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
Afrikaanse Bybel 1933/1953