A A A A A
Jeremia 26
5
Ek het ook keer op keer my diensknegte — die profete — na julle gestuur, maar julle wou nie na hulle boodskappe luister nie. As julle nie luister nie,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Julle moet luister na wat my dienaars, die profete, vir julle gesê het. Ek het aangehou om hulle na julle toe te stuur, maar julle het nie geluister nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Ek het ook keer op keer my profete na julle gestuur om julle te waarsku. Nie dat julle julle juis aan hulle gesteur het nie. As julle my riglyne en my boodskappers aanhou ignoreer,
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Julle moet luister na wat my dienaars die profete sê, my profete wat Ek vroeg en laat na julle toe gestuur het sonder dat julle na hulle geluister het.
Afrikaanse Bybel 1983

5
om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg ,n laat, sonder dat julle geluister het,
Afrikaanse Bybel 1933/1953