A A A A A
Jeremia 26
24
Agikam seun van Safan het ook by Jeremia gestaan. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die skare oorgee om hom dood te maak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
Maar Agikam seun van Safan het vir Jeremia beskerm, en daarom kon die mense nie vir Jeremia doodmaak nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
Agikam, die seun van Safan, het Jeremia se kant gevat. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die mense oorgee, want hulle wou hom doodmaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Agikam seun van Safan was aan Jeremia se kant, met die gevolg dat hy nie aan die volk uitgelewer is sodat hulle hom kon doodmaak nie.
Afrikaanse Bybel 1983

24
Maar die hand van Ah¡kam, die seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953