A A A A A
Jeremia 26
19
Het koning Hiskia en die mense van Juda hom doodgemaak oor wat hy gesê het? Het die koning nie die Here uit eerbied aanbid en om genade gepleit nie? Die Here het toe besluit om Juda nie meer met ’n ramp te tref soos wat Hy gedreig het nie. As ons Jeremia doodmaak, sal ons groot onheil oor onsself bring.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
“Koning Hiskia van Juda en al die mense van Juda het toe nie vir Miga doodgemaak nie. Nee, die koning het die Here gedien en hy het tot die Here gebid om genadig te wees. Toe het die Here sy besluit verander, Hy het hulle nie gestraf nie. En ons? Ons is nou besig om dinge te doen waaroor ons baie swaar sal kry.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Het koning Hiskia en die mense van Juda vir Miga doodgemaak omdat hy hierdie dinge gesê het? Nee, die koning het groot respek vir die Here gehad. Hy het in sy goeie boekies probeer kom. Die Here het toe besluit om Juda nie meer met ’n ramp te tref soos Hy eers wou doen nie. As ons Jeremia doodmaak, wie weet wat kan ons tref?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
“Het koning Hiskia van Juda en die hele Juda toe vir Miga doodgemaak? Het Hiskia nie die Here gedien en om genade gesmeek nie? Het die Here nie die straf herroep wat Hy oor hulle aangekondig het nie? Ons is besig om 'n groot ramp oor ons te bring.”
Afrikaanse Bybel 1983

19
Het Hisk¡a, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die HERE gevrees en die HERE om genade gesmeek, sodat dit die HERE berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele 'n groot onheil te berokken!
Afrikaanse Bybel 1933/1953