16 |
Toe het die leiers van Juda en al die mense vir die priesters en die sogenaamde profete gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie, maar het namens die Here ons God met ons kom praat.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
16 |
Die amptenare en al die mense het toe vir die priesters en die profete gesê: “Ons mag nie hierdie man doodmaak nie, want ons God die Here het hom gestuur om met ons te praat.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
16 |
Toe het die leiers van Juda en die gewone mense vir die priesters en die sogenaamde profete van die Here gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie. Hy het namens die Here ons God met ons kom praat.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
16 |
Toe sê die amptenare en die hele volk vir die priesters en die profete: “Hierdie man mag nie die doodvonnis kry nie, want hy het met ons gepraat in die Naam van die Here ons God.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
16 |
Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|