A A A A A
Jeremia 26
15
Maar weet verseker, as julle my doodmaak, maak julle ’n onskuldige persoon dood! En as julle dit doen, sal julle, hierdie stad en elke inwoner van die stad die verantwoordelikheid daarvoor moet dra. Ek praat die waarheid as ek sê die Here het my gestuur om hierdie boodskappe aan julle oor te dra.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Maar julle moet dit baie goed besef, as julle my doodmaak, dan maak julle 'n onskuldige man dood. En dan sal die Here hierdie stad en sy mense straf, want Hy het regtig vir my gestuur om vir julle al hierdie dinge te sê.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Maar weet vir seker, as julle my doodmaak, maak julle ’n onskuldige mens dood. Julle, hierdie stad en al die mense van die stad sal die gevolge moet dra as julle dit doen. Ek praat die waarheid as ek sê dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge vir julle te kom sê.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Onthou net: As julle my doodmaak, sal julle die straf vir onskuldige bloedvergieting oor julle en oor hierdie stad en sy inwoners bring, want dit is so dat die Here my teen julle gestuur het om al hierdie dinge te sê sodat julle almal dit kan hoor.”
Afrikaanse Bybel 1983

15
Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.
Afrikaanse Bybel 1933/1953