A A A A A
Jeremia 26
13
Maar as julle begin reg lewe, goeie dinge doen en die Here gehoorsaam, sal Hy van plan verander en julle nie meer kwaad aandoen soos Hy gedreig het nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
En nou moet julle reg lewe en goeie dinge doen en gehoorsaam wees aan julle God. As julle dit doen, dan sal die Here julle nie straf soos Hy gesê het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Maar as julle nou ophou om verkeerde goed te doen en begin doen wat die Here julle God van julle verwag, sal Hy van plan verander en julle nie meer kwaad aandoen soos Hy gesê het Hy gaan doen nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Maar as julle nou goed doen en julle gedrag en optrede verander en luister na wat die Here julle God vir julle sê, sal Hy die straf herroep wat Hy oor julle aangekondig het.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953