A A A A A
Jeremia 26
12
Toe het Jeremia homself teenoor die leiers en die hele volk begin verdedig. Hy het gesê: “Die Here het my gestuur om teen hierdie tempel en hierdie stad te profeteer. Julle het alles gehoor wat ek vir julle gesê het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Jeremia het vir die amptenare en vir al die mense gesê: “Die Here hét my gestuur om alles teen hierdie tempel en hierdie stad te sê wat julle gehoor het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Toe het Jeremia homself begin verdedig teenoor die leiers en die mense. Hy het gesê: “Die Here het my gestuur met die boodskap wat met die tempel en met Jerusalem gaan gebeur. Elke liewe woord wat ek gepraat het, het die Here vir my gegee om te sê.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Toe antwoord Jeremia al die amptenare en die hele volk: “Die Here het my gestuur om as profeet op te tree teen hierdie huis en teen hierdie stad en om alles te sê wat julle gehoor het.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953