A A A A A
Jeremia 26
1
Met die aanvang van die regering van koning Jojakim van Juda het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Jojakim was die seun van Josia.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here het met Jeremia gepraat. Dit was kort nadat Jojakim seun van Josia koning geword het van Juda.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Here het vir Jeremia gesê wat hy vir die mense van Juda moes sê. Dit was net toe Jojakim koning van Juda geword het. Jojakim was die seun van koning Josia.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Kort nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het, het hierdie woord van die Here gekom:
Afrikaanse Bybel 1983

1
In die begin van die regering van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, het hierdie woord van die HERE gekom:
Afrikaanse Bybel 1933/1953