A A A A A
Jeremia 25
7
“Maar julle het nie na My geluister nie,” sê die Here. “Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle gemaak het. So het julle julleself skade aangedoen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Maar julle het nie geluister nie. Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle self gemaak het, en daarom kry julle swaar.’
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
“Maar julle het nie na My geluister nie. Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle aanbid het. So het julle vir julleself moeilikheid gemaak.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Maar julle het nie na My geluister nie, sê die Here. Julle het My bly tart met die afgodsbeelde wat julle gemaak het, en so het julle 'n ramp oor julleself gebring.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE -- om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.
Afrikaanse Bybel 1933/1953