A A A A A
Jeremia 25
4
“Die Here het by herhaling sy diensknegte — die profete — na julle gestuur, maar julle het nie na hulle geluister nie. Julle het nie eers probeer hoor wat hulle wou sê nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
En die Here het al sy dienaars, die profete, na julle toe gestuur. Hy het aangehou om dit te doen, maar julle het nie geluister nie, julle was ongehoorsaam.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Die Here het weer en weer sy profete na julle toe gestuur, maar dit het nie gehelp nie. Julle het nie na hulle geluister nie. Om die waarheid te sê, julle het nie eens probeer om te hoor wat hulle wou sê nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Die Here het vroeg en laat sy dienaars die profete na julle toe gestuur, maar julle het nie geluister nie, julle het nie eers probeer luister nie.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat -- maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie --
Afrikaanse Bybel 1933/1953