32 |
Die Here, die Almagtige, sê: “Let op, rampe gaan die een volk na die ander tref! ’n Groot storm bou op vanaf die verste uithoeke van die aarde!” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
32 |
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moet kyk, dit sal sleg gaan met al die volke, met die een volk ná die ander volk. Daar kom 'n groot stormwind van die verste plekke op die aarde.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
32 |
Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Let ’n bietjie op, die een volk na die ander gaan deur ’n ramp getref word! ’n Groot storm bou op in die verste uithoeke van die aarde.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
32 |
So sê die Here die Almagtige: Daar trek 'n ramp van nasie tot nasie, 'n groot storm steek op van die uithoeke van die aarde af. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
32 |
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|