A A A A A
Jeremia 25
31
Sy gebrul sal oor die aarde weergalm, want die Here maak ’n saak teen al die nasies. Hy oordeel al die mense van die wêreld. Boosdoeners laat Hy in oorloë sterf. Dit is wat die Here sê.’”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Al die mense op die aarde sal dit hoor, want die Here is die Regter oor die volke, Hy sal almal oordeel, almal wat lewe, En Hy sal die mense wat skuldig is, in oorlog laat sterf.” Dit sê die Here.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Sy geskree sal oor die hele aarde weergalm. Die Here gaan ’n saak maak teen al die nasies. Hy sal soos ’n regter al die mense van die wêreld straf. Mense wat slegte dinge gedoen het, sal Hy in die oorlog laat doodgaan. Dít is wat die Here sê sal gebeur.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Die klank sal trek tot in die uithoeke van die aarde, want die Here kla die nasies aan, Hy sal al die mense straf, die goddeloses aan die oorlog uitlewer, sê die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

31
Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose -- aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953