A A A A A
Jeremia 25
29
Ek het reeds begin om Jerusalem te straf, die stad wat My geëer het. Moet Ek hierdie stad oorsien? Hoe kan julle ooit dink om straf vry te spring? Julle het geen kans om dit vry te spring nie. Ek gaan al die inwoners van die wêreld in oorlog dompel. Ek is die Here, die Almagtige. Ek sê dit!’
Afrikaanse Bybel NLV 2011

29
Ek begin eerste by die stad wat aan My behoort en Ek laat hulle swaarkry, maar julle moenie dink Ek sal nie vir júlle straf nie. Nee, Ek sal júlle ook straf, want Ek bring mense om oorlog te maak teen almal wat op die aarde woon.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

29
Ek het reeds begin om Jerusalem te straf. Die stad word my stad genoem. As Ek my stad nie oorsien nie, hoe sal julle ooit kan dink om straf vry te spring? Julle het geen kans om dit vry te spring nie. Ek laat al die inwoners van die wêreld oorlog maak. Ek is die Here wat sterker as alles en almal is en Ek sê dit!
Afrikaanse Bybel DB 2006

29
Kyk, Ek begin 'n ramp bring oor die stad waaroor my Naam uitgeroep is, en wil julle los uitstap, sonder om gestraf te word? Nee, Ek het die oorlog teen al die bewoners van die aarde ingeroep, sê die Here die Almagtige.
Afrikaanse Bybel 1983

29
Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile -- en sal julle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaanse Bybel 1933/1953