15 |
Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Hierdie wynbeker in my hand is vol van my woede. Neem dit na die nasies waarheen Ek jou stuur en laat hulle daaruit drink. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Hierdie wynbeker in my hand is vol van my woede. Vat dit na die nasies toe waarheen Ek jou stuur en laat hulle daaruit drink. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
So het die Here die God van Israel vir my gesê: Vat hierdie beker uit my hand. Dit is gevul met die wyn van my toorn. Jy moet al die nasies na wie toe Ek jou stuur, daaruit laat drink. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|