13 |
Ek sal alles oor hierdie land laat kom soos Ek teen hulle uitgespreek het. Ek het Jeremia gebruik om teen hierdie nasies te profeteer. Dit is alles in hierdie boek opgeskryf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Ek sal met daardie land alles doen wat Ek gesê het, alles wat Jeremia oor al daardie volke gesê het en wat in hierdie boek geskryf is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Ek het baiekeer gesê dat Ek slegte dinge met hierdie land gaan laat gebeur. Ek het Jeremia gebruik om hierdie dinge teen die nasies te sê. Dit is opgeskryf in hierdie boek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Dan sal Ek alles wat Ek teen daardie land gesê het, alles wat in hierdie boek opgeteken staan en wat Jeremia as profeet teen daardie nasies aangekondig het, oor daardie land bring. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
En Ek sal oor die land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het -- alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|