A A A A A
Jeremia 12
9
Die volk wat Ek vir My gekies het, het só afstootlik vir My geword soos ’n aasvoël. En nou is húlle omring deur ander aasvoëls! Laat al die roofdiere kom sodat hulle hulle karkasse kan skoonvreet!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die volk wat aan My behoort, is soos 'n dooie dier, 'n hiëna vreet daaraan terwyl die aasvoëls wag. Kom, maak al die wilde diere bymekaar sodat hulle ook kan kom vreet.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Israel was my volk wat Ek gekies het. My volk is soos ’n voël wat deur ander roofvoëls omring is. Hulle val hulle prooi van alle kante af aan. Israel se vyande is soos roofdiere wat die karkas kom skoon vreet. Hulle sal op my mense toesak soos hierdie roofdiere.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
My eie volk is soos 'n hiëna teenoor My, met 'n klomp roofvoëls rondom; gaan maak al die roofdiere bymekaar, laat hulle kom vreet!
Afrikaanse Bybel 1983

9
Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953