A A A A A
Jeremia 12
4
Hoe lank moet hierdie land nog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sonde van die inwoners van die land. En tog sê hulle: “Die Here gaan niks doen nie!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Hoe lank sal die land nog treur? Hoe lank sal al die gras in die veld nog droog wees? Die diere en die voëls treur omdat die mense van die land so sleg is. Die mense het gesê: “Jeremia sal dood wees voordat ons dood is.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hoe lank moet hierdie land nog in so ’n droewige toestand bly? Selfs die gras op elke stukkie veld het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn. En wat is die oorsaak van alles? Die verkeerde dinge wat die mense van die land doen. En tog sê hulle: “Die Here sal niks daaromtrent doen nie!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Hoe lank moet die land droog lê, moet al die plante van die veld verdor? Die diere en die voëls vergaan oor die boosheid van die inwoners van die land wat sê: “Jeremia sal nie langer leef as ons nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

4
Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
Afrikaanse Bybel 1933/1953