A A A A A
Jeremia 12
15
Maar nadat Ek al hierdie volke uit hulle lande weggeneem het, sal Ek hulle weer jammer kry. Ek sal elke volk na sy eie land, waar sy eiendom is, laat terugkom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Maar nadat Ek hulle weggevat het, sal Ek jammer wees vir hulle en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy eie grond en sy eie land.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
As Ek al hierdie volke uit hulle lande laat wegvat het, sal Ek hulle weer jammer kry. Ek sal elke volk na sy eie land toe laat terugkom waar al die goed is wat hulle besit.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
en nadat Ek die Judeërs uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm, en Ek sal elkeen laat terugkom na sy besittings en sy land toe.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
Afrikaanse Bybel 1933/1953