7 |
Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Niemand het U aanbid nie, niemand het probeer om vas te hou aan U nie. Daarom het U weggekyk van ons, U het ons laat wegsmelt omdat ons sonde gedoen het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Nie een van ons het tot U gebid of U gevra om ons te help nie. U het daarom van ons padgegee en ons aan ons eie oortredings oorgelaat. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|