A A A A A
Jesaja 64
4
Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Ons het nooit voorheen van so iets gehoor nie, niemand het 'n ander god gesien wat hierdie dinge doen vir die mense wat in hom glo nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Niemand het nog ooit van ’n god gehoor of een gesien wat soos U dinge laat gebeur vir hulle wat op Hom vertrou nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
Afrikaanse Bybel 1933/1953