A A A A A
Jesaja 64
3
Toe U lank gelede afgekom het, het U ontsagwekkende dinge gedoen, wat ons nie verwag het nie, en die berge het voor U gebewe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Lank gelede het U wonderwerke gedoen, ons het nie gedink U sal dit doen nie. U het afgekom, en die berge het gebewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
U sal vreeslike dinge doen wat ons nie verwag het nie. U sal afkom en die berge sal skud.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Toe U wonders gedoen het, wonders wat ons nie verwag het nie, toe U destyds afgekom het, het die berge voor U geskud.
Afrikaanse Bybel 1983

3
wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!
Afrikaanse Bybel 1933/1953