11 |
Ons heilige en glorieryke tempel waar ons voorouers U aanbid het, is afgebrand. Alles wat vir ons kosbaar was, is vernietig. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand, die plek waar ons voorvaders U geprys het. Al ons mooi huise het hope klippe geword. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
U pragtige tempel waar ons ouers U kom vereer het, is nou afgebrand. Alles wat vir ons waardevol was, is nou daarmee heen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Ons heilige en pragtige tempel waar ons voorouers U geloof het, is deur vuur verwoes, alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|