A A A A A
Jesaja 62
2
Die nasies sal jou redding sien, en die konings sal jou eer aanskou. Jy sal ’n nuwe naam kry wat die Here self vir jou gekies het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Die volke en hulle konings sal sien jy is soos Ek wil hê jy moet wees en jy is 'n sterk stad. Hulle sal vir jou 'n nuwe naam gee, die Here het self daardie naam gekies.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Die volke sal sien hoe jy gered word. Die konings sal staan en kyk hoe Jerusalem vrykom. Die Here sal vir jou ’n nuwe naam gee wat Hy self gekies het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Die nasies sal sien dat jy gered is, Jerusalem, al die konings sal sien dat jy mag het. Jy sal 'n nuwe naam kry, 'n naam wat die Here self vir jou gekies het.
Afrikaanse Bybel 1983

2
En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953