A A A A A
Jesaja 62
12
Hulle sal genoem word: “Die heilige volk, die volk wat deur die Here gered is.” Jerusalem, jy sal genoem word: “Die begeerlike stad, die stad wat nie meer verlate is nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Die volk se naam sal wees: “ Gewyde Volk,” die Here het hierdie volk vrygemaak, en Jerusalem se naam sal wees: “Stad waarvan mense hou,” dit is die stad waar mense wil woon.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Hulle sal die Here se volk genoem word. Hulle is die mense wat die Here vrygemaak het. Jerusalem sal genoem word die geliefde stad. Dit is die stad wat nie aan homself oorgelaat is nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.” En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

12
En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953