A A A A A
Jesaja 61
8
“Want Ek, die Here, het geregtigheid lief. Ek haat diefstal en misdaad. Omdat Ek getrou is, sal Ek my volk beloon vir hulle lyding. Ek sluit ’n verbond met hulle wat vir altyd sal bestaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Die Here sê: “Ek, die Here, is lief vir wat reg is, maar Ek haat mense wat ander mense se goed steel en wat nie reg doen aan hulle nie. Ek sal alles vir my volk gee wat Ek vir hulle belowe het, Ek sal 'n verbond met hulle maak, 'n verbond wat altyd sal aanhou.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Ek is die Here. Ek soek geregtigheid by julle. Ek haat diefstal en onreg. Ek sal my woord hou en vir my volk hulle beloning gee. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.
Afrikaanse Bybel 1933/1953