A A A A A
Jesaja 61
11
Soos die grond die plante laat uitspruit en die vrugtebome in ’n tuin vrugte lewer, so sal die oppermagtige Here sy reg vir al die nasies toon.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Daar kom nuwe bome uit die aarde, daar groei nuwe plante in 'n tuin, so sal die Here alles laat groei wat reg is. Ja, Hy sal al hierdie dinge doen. Al die volke sal hoor hoe prys sy mense Hom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Die aarde laat plante opskiet. In ’n tuin kom daar plantjies uit. My Heer, die Here, sal net so ook sy bevryding vir my laat kom. Hy sal dan voor al die nasies grootgemaak kan word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in 'n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
Afrikaanse Bybel 1933/1953