A A A A A
Jesaja 6
5
Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Toe sê ek: “Dit is verby met my, want ek is skuldig! Ek doen gedurig sonde deur wat ek sê, en nie net ek nie, maar ook die volk by wie ek bly. En nou het ek met my eie oë die Koning gesien, die Here die Almagtige!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!
Afrikaanse Bybel 1933/1953