A A A A A
Jesaja 6
3
Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Die serafs het hard vir mekaar gesê: “ Heilig, heilig, heilig is die Here wat oor alles regeer. Hy is oral op die aarde.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Terwyl hulle so gevlieg het, het hulle oor en weer vir mekaar geroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Sy magtige teenwoordigheid sprei oor die aarde soos ’n doek.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
Afrikaanse Bybel 1983

3
En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Afrikaanse Bybel 1933/1953