11 |
Toe vra ek: “Here, hoe lank moet ek dit doen?” Hy het geantwoord: “Totdat hulle stede heeltemal verwoes is en niemand meer daarin bly nie. Totdat hulle huise leeg staan en die hele land ’n ruïne geword het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Ek het gevra: “Here, tot wanneer moet ek dit doen?” En Hy het gesê: “Totdat daar nie meer mense oorbly in die stede nie, totdat daar nie meer mense woon in die huise nie, totdat daar nie meer koring en vrugte is nie, |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Ek vra toe: “Hoe lank sal dit aangaan, Here?” Sy antwoord was: “Totdat al die stede verwoes en verlate is en al die huise leeg staan en die hele land in ’n puinhoop omskep is. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|