A A A A A
Jesaja 55
1
“Almal wat dors is, kom na die water toe. Selfs al het jy geen geld nie, kom, koop en eet. Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here sê: “Julle almal wat dors is, julle moet kom na die water. Julle wat nie geld het nie, julle moet kom koop en eet, julle moet wyn en melk kom koop, maar dit kos niks.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Laat almal wat dors het, hier na die water toe kom. Ook dié wat nie geld het nie, kan kom. Kom koop en kom eet. Julle hoef selfs nie eens geld te hê nie. Kom kry wyn en melk verniet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.
Afrikaanse Bybel 1983

1
o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Afrikaanse Bybel 1933/1953