A A A A A
Jesaja 53
6
Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop, elkeen het geloop waar hy wou loop. Ons almal het verkeerd gedoen, maar die Here het daardie man gestraf.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op hom laat neerkom.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953