A A A A A
Jesaja 53
11
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en tevrede wees. En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word, want hy dra al hulle sondes.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Die Here sê: “My dienaar het baie swaar gekry, maar hy sal lewe en tevrede wees dat hy My ken. My dienaar is nie skuldig nie, hy is regverdig, en hy sal belangrike mense regverdig maak, want hy sal die straf kry vir alles wat hulle verkeerd gedoen het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Nadat hy so swaargekry het, sal hy sien wat daarvan gekom het. Hy sal tevrede wees met wat hy gedoen het. My dienaar was aan My gehoorsaam. Hy sal baie ander ook gehoorsaam aan My maak. Hy sal die straf op hulle sonde wegvat.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
Afrikaanse Bybel 1933/1953