A A A A A
Jesaja 50
9
Die oppermagtige Here is aan my kant! Wie kan my skuldig verklaar? Almal wat my beskuldig, sal vergaan soos ’n kledingstuk wat deur motte gevreet is!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Julle moet dit weet, die Here help my. Wie is dit wat wil sê ek is skuldig? Dit sal sleg gaan met al my vyande. Hulle sal word soos klere wanneer motte dit vreet.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Die Here help my. Wie sal dit waag om te sê dat ek skuldig is? Hulle sal almal verwoes word soos klere wat die motte stukkend vreet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die Here my God help my; wie sal my dan skuldig verklaar? Dit is verby met almal wat my beskuldig, soos met 'n lap wat deur motte gevreet word.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Kyk, die Here HERE help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953