A A A A A
Jesaja 46
9
Dink aan wat lank gelede gebeur het. Ek is God. Daar is geen ander nie. Ek is God. Niemand is soos Ek nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Julle moet dink aan die dinge wat lank gelede gebeur het. Ja, Ek is God, daar is nie 'n ander God nie. Ek is God, niks is soos Ek nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Laat julle gedagtes teruggaan na alles wat lankal al gebeur het. Ek is tog mos die enigste God. Daar is nie nog ’n ander een buiten My nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;
Afrikaanse Bybel 1933/1953