A A A A A
Jesaja 46
4
Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Ook wanneer julle oud en grys is, dan sal Ek julle nog dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle dra, ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
Afrikaanse Bybel 1983

4
en tot die ouderdom toe is k dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; k het dit gedoen, en k sal julle opneem, en k sal dra en red.
Afrikaanse Bybel 1933/1953